Travel blogs by Travellerspoint

Rome Dag 1

sunny 32 °C

_DSC3701.jpg
_DSC3716.jpg
Ons nag op die trein was weer 'n ander ondervinding! Eers was ons aam met drie tannies in 'n klein kompartementjie - twee mense kan skaars daarin beweeg en daar is 6 bunk beds (drie bo mekaar)!! Gelukkig was
die een tannie baie moeilik en sy kommandeer toe die kondukteur op om ons uit te skuif na 'n ander kajuit - ons eie een!!
Toe speel ons Tarzan en Jane en swaai op en af tussen die boonste beddens en die vloer! Praat van 'n wille hanniemoen!!
Breakfast bars vir ontbyt, want aandete op die trein was 64 euro en toe ry ons Rome binne.
Hans vra: "So, is dit hier waar die Romeine gebly het?" Ek antwoord: "Ja, en die Gauls was in Frankryk.". Hans, baie verbaas:
"Dis darem baie ver om te gaan k*k soek met die bure - te perd!".
En is dit nie hoe mans vandag nog is nie - en ons bly lief vir hulle?!!
By die hotel aangekom, stel die outjie by ontvangs voor dat ons 'n toer doen met 'n gids wat hy sal reel (natuurlik) vir 'n ou klein kommissietjie. Hans is nie lus vir sukkel nie en ons boek 'n dagtoer vir die middag, en 'n aandtoer vir Woensdagaand. Dit was 'n baie goeie idee, want die gids het ons in 5 ure na al die 'interesting places' toe gevat in 'n fancy swart mercedes, met lopende kommentaar in 'n taal wat hy seker 'Engleesh' sal noem. So teen sewe uur los hy ons in die ou deel van Rome en stel voor waar ons moet gaan eet. Ons beland toe soos toeriste in 'n baie besige piazza met skilders en musiekante wat oral 'n geldjie probeer maak. Elfuur, en ons moet gaan. (Ons is eintlik op wittebrood - herinner Hans my).
DSC_7324.jpg

Posted by henj 14:20 Archived in Italy Comments (0)

Rome Dag 2

sunny 32 °C

Dis_nou_vi..rapper_.jpg
Mural_in_S..thedral.jpg
Vatican_Square.jpg
Vandag was ons op eie stoom deur Rome. As ek nog twee tree moes loop, het my bene en voete ingegee! Hans vertel net heeltyd hoe maklik hy die 94.7 gaan ry na al hierdie beenoefening wat hy kry! Ons het begin in die middel van Rome en 'n 5D show gaan kyk oor die geskiedenis van Rome. Ons is natgesproei deur die fonteine wat Bernini in Rome gebou het en ons bene is gekielie deur die muise wat rondgehardloop het - hulle het die Black Plague in Rome versprei. Ons eerste 5D experience - baie fun!!
Toe vind ons per ongeluk 'n wasmuseum en Hans kan hom verbeel hy is vriende met Einstein en Pavarotti! En toe begin die groot loop!
Eerste na die Vatikaanstad, deur St. Peter katedraal, storm na die Sistene Chapel en toe deur elke souveneir shoppie wat Hans raaksien!! Ek was later so honger en dors dat ek dubbel begin sien het - of dalk was daar rerig so baie souveneir shops!
En dit was nie die einde nie, want halfnege het Mauro (ons gids) ons voor die Castello d'Angelo opgelaai vir ons aandtoer (of aandresies) van die een "mageeck place" na die volgende een om ons aandfotografie te beoefen! Rome is pragtig in die aand - thanks vir die
tip, Paulina!! Halfeen is ons terug by die hotel en my beste liefste wonderlikste marito het sowaar nog my voete gevryf!! En toe het ons uitgepass voor jy kon se Julius Ceasar!! Dit was 'n baie rowwe dag in Rome!
Jesus_mural.jpg
Vatican_City_by_night.jpg

Posted by henj 14:20 Archived in Italy Comments (0)

Parys

rain

Die_aand_o..nrivier.jpg
Hans_se_nuwe_styl.jpg
Ons het een hele dag gehad om Parys self plat te loop, want ons trein na Rome het eers 7 uur die aand vertrek. Ons was nie baie gelukkig nie, want dit was bewolk en elke nou en dan het 'n motreen uitgesak, wat net nat genoeg was dat ons nie juis fotos kon neem nie. Maar ons was darem by die Arc de Triomphe, en die Eiffel Tower en oor een of twee brue. Ons het n baie lekker middagete oorkant St. Augustine Kerk by 'n straat kafee gehad, wat net 71 Euro gekos het!! En toe is ons met ons volmagies stasie toe om oornag met die trein na Rome toe te ry.
Lamppaal_o..dre_III.jpg
Hans_langs..nrivier.jpg

Posted by henj 10:33 Archived in France Comments (0)

Budget accommodation in France

Read reviews from other Travellerspoint members.

Dag 3 van die Tour de France

sunny 28 °C

_DSC3421.jpg
_DSC3370.jpg
Vandag is die Finale van die Tour de France en ons is al vroeg op om met die Trein vand Avignon na Parys te ry! Almal wou net by die VIP stands uitkom, want die fietsryers sou al so drie uur begin om by ons verby te kom op die Champs-Elysees. Ons het Baaaaaie fotos geneem en dit was fantasties om daar te wees! Ons het tot Lance se familie gesien toe hulle verbystap na die podium toe!
Die aand is ons met 'n boot al langs die Rynrivier af, wat baie mooi was met al die ligte in Parys. Dit was 'n onvergeetlike drie dae!
_DSC3552.jpg

Posted by henj 10:27 Archived in France Comments (0)

Dag 2 van die Tour de France

all seasons in one day

Hans_en_sy..y_Lance.jpgBo-op_Mont_Ventoux.jpg
Ons is vroeg vanaggend op, na 'n baie kort nag!! Die plan was om met ons toerbussie aan die agterkant van die berg op te ry tot bo op Mont Ventoux - die einde van vandag se been. Ons het uitgevind toergids is nou al 5 dae lank 'n toergids en sy weet meeste van die tyd nie lekker wat boof onder is nie, so ons gaan op hoop en gevoel en telefoonoproepe! Toe ons amper bo is, keer die polisie ons en ons moet parkeer en verder stap. Dit was eintlik fine,
want die pad boontoe, is 20km en die meeste ander mense stap of ry fiets die hele pad!
Ons het klein kindertjies en selfs 'n oom met 'n kierie daar sien opstap - ongelooflik!
Toe ons uitklim, waai die wind my amper weg!! Blykbaar was ons gelukkig om net 'n 50km wind te kry, want die wind kan tot 250 km/h waai! Dit was ysig (veral omdat ons kortbroeke en T-shirts aangetrek het vir 'n sonnige dag!! Weereens klink dit of ons baie gelukkig was, want in die somer kan die weer wissel van 'n heat wave na 'n -30 °C sneeustorm. So, -10 °C in somersklere is eintlik niks!
Ons strompel toe daar rond en soek vir die plek waar ons ons VIP treatment moet kry! Maar al wat ons kry, is koud!
Toe ons guide uiteindelik 'n sein kry, vind sy uit ons is aan die verkeerde kant van die berg en ons moet weer die 20km afry, om die berg (25 km lank en 15km wyd) en weer op aan die kant waar die ryers opgaan! Toe jaag ons soos wat mens in die James Bond flieks sien, maar net met 'n bussie in plaas van 'n Aston Martin!! Hans het bietjie groen gelyk en nie meer baie grappies gemaak nie! Gelukkig weet ek nie wat karsiek is nie! Met baie smiles en
nog op oproepe, kom ons toe gelukkig deur die skares mense en polisie blokkades tot by ons VIP afskorting langs die pad 15km voor die einde!
Middagete was fantasties - allerhande Franse brode en kase (vir Hans) en gerookte salm, hoender en prawn ocktails vir my!
En toe is hulle by ons en die mense cheer en waai en kameras klik en toe is hulle weg! Op daardie stadium was Contador agter Andy Schleck met Lance net agter hom! My liefie was voor in die koor, so ek het hom in die voorgrond toe ek Lance afneem - hy is baie happy!! Die fotografiekurses is paying off!!
Na al die exitement, het ons probeer om vroeg te gaan slaap en dit reggekry - halfeen in die oggend - want more moet ons met die trein Parys toe om by die finale te wees!
Straat_in_Maucene.jpg
The_top_of..m_below.jpg

Posted by henj 09:54 Archived in France Comments (2)

(Entries 1 - 5 of 8) Page [1] 2 » Next