Travel blogs by Travellerspoint

Ons twee dae in Londen

Kuier by Hans se sussie-hulle

semi-overcast 20 °C


Hallo daar!

Ons het gisteroggend 7 uur op Heathrow geland (toe was dit 6 uur in SA). Ek (Jeanine) was baie moeg, want daar was 'n groot, vet, snorkende man langs my!! En dit was nie MY man nie!!!

Hester en Bert het ons met die trein kom haal. Op pad na hulle huis toe (met 'n paar treine) het Hester so bietjie deurmekaar geraak en toe vat dit bietjie langer om by ons bestemming uit te kom. Gelukkig het Herbie (Bert en Hester se seun) vir ons brekkies gemaak en toe voel ons sommer beter!

Hans was so nice dat hy my 4 ure laat slaap het (julle kan seker hoor hy is besig om te dikteer) en toe is ek lekker uitgerus vir die aand. My liefste Jack-in-a-box man, het natuurlik weer hope energie gehad en hy het Herbie saamgesleep om te gaan fietsry om Londen!! Natgesweet en poegaai, het Herbie gedreig om die fietse se voorwiel weg te steek tot Hans op die vliegtuig is.

Gisteraand het hulle ons gevat om spaanse kos te eet by Tascas. Dit was heerlik en ons het ons knuppeldik geeet. Ons het eers halfeen vanoggend in die bed gekom, want elfuur voel dit nog soos sewe uur.

Vanoggend was ons weer dou voor dag op en sewe uur uit op pad na 'n Inn om lekker breakfast te gaan eet. En dis toe wat Bert en Hester ons in die kar laai en deur Londen woerts sodat ons darem kan wys dat ons daar was.

Dit was maar hartseer om te groet op die lughawe, want ons weet nie wanneer ons mekaar weer gaan sien nie.

Die vlug van Heathrow na Parys het verby gevlieg (verskoon die pun), want ons het vergeet dat Parys 'n uur na Londen is en gedink as ons 2 uur opstyg en 4 uur land, is dit 'n twee ure vlug, maar toe is dit net een uur!

In Parys geland, moes ons die treinstasie en regte platform kry om op die trein na Lyon te kom. Dit was sommer baie maklik, want ons twee maak so 'n goeie team! (Daar is 'n bestuurder(Hans) en die bestuurder se baas in hierdie span). Dit was Hans wat die laptop gegryp het en nou getik het. Besluit vir julle self wie is wie in hierdie span!!

Ons het lekker relax op die trein - Hans het sy nuwe PSP gespeel (maar hy het Phelan nodig om hom te vertel hoe die controls werk) en ek het fotos gekyk.

Toe ons in Lyon kom, besluit ons om die tram te vat, want die aanwysings om die internet het baie eenvoudig gelyk. Maar toe weet ons nie ons moet 'n kaartjie koop voor ons opklim nie en toe ons klaar een blok gery het, skrik Hans groot en boender my van die tram af! Toe moet ons maar stap! Die Garmin met sy nuwe Europa maps, word toe aangesit. Ons soek 130 Boulevard du 11 Novembre 1918 (die straat waarin die Garden Court Hotel is). Toe ons dit nie kry nie, soek ons vir Garden Court en toe ek dit op die skerm sien, druk ek my vinger (Hans noem dit my neus) op die Garmen touch sceen en voila! Ons het rigting!!

nou neem die baas (Hans) oor. Sy het nie gesien dat dit die verkeerde Garden Court hotel is nie. So hier stap ons toe in die verkeerde rigting tot by die verkeerde hotel. Dis toe al 21:00 en dis al amper skemer. EK dra toe al lankal my vrou se kamera sak en trek haar tas saam met myne. My voete pyn en my rug kraak. My mooiste prinses loop so 15 meter voor my met die Garmin voor haar met uitgestrekte arms soos 'n water wyser. Min het sy geweet dat die Garmin gestel is om altyd noord bo te hou. So, toe loop ons heeltyd noord in plaas van in die regte hotel se rigting.

Gelukkig beland ons tussen 'n klomp taxi's en ek besluit om in te gryp. 10 Minute later en 10 euro's later en ons is in ons Hotel (die een wat net 2.5km van die stasie is). Dit was baie pret, en nou weet julle hoekom ek so lief is vir hierdie malkop vrou van my.

Dis nou 23:16 - Hans en Jeanine signing off!! Ek shuld Hans 'n voetvryf!

Posted by henj 22:38 Archived in United Kingdom

Email this entryFacebookStumbleUponRedditDel.icio.usIloho

Table of contents

Cheap hotels in United Kingdom

Read reviews from other Travellerspoint members.

Be the first to comment on this entry.

This blog requires you to be a logged in member of Travellerspoint to place comments.

Enter your Travellerspoint login details below

( What's this? )

If you aren't a member of Travellerspoint yet, you can join for free.

Join Travellerspoint