Dag 1 van die Tour de France
27.07.2009
28 °C
![]()
Vandag was 'n amazing dag! Ons guide het ons by die lughawe gekry en na die beginpunt van vandag se been gevat - die dorp Borgoin-Jallieu. Hans het 'n foto en autograph van Richard Virenque gekry. Hy is nou afgetree, maar was 'n Tour de France ster en het van 1994 tot 2004 die King of the Mountain titel 7 keer verower.
Ons het die optog van al die vlotte sien begin en het tussen al die team busse en karre deurgeloop. Die buzz was ongelooflik!
Toe het hulle ons in 'n offisiele Skoda kar gelaai en ons is agter die optog aan voor die fietsryers uit. Die skares juig en waai die hele pad - weet nie wie hulle gedink het ons was nie, maar dit was baie fun! Mens kan nie glo hoeveel mense is langs die roete nie - veral nie as jy dink hulle sit en staan daar vir die hele dag net om die ryers vir 'n paar sekondes te sien verbyvlieg nie!!
Ons het 25 minute voor die ryers by die eindpunt (die dorpie Aubenas) gekom en daar sjampanje gedrink en op 'n big screen gekyk hoe die ryers nader kom. Jy weet as die ryers amper daar is, want die mense begin teen die barriers slaan wanneer hulle hulle kan sien en dan word dit al hoe harder tot hulle om die draai kom!! Ons het great fotos geneem - al het my hande gebewe van afwagting!!
Ek is nou ook ge-hook!
Na die tyd, is ons weg na Malaucene, waar ons oorslaap aan die voet van Mont Ventoux - die berg wat die fietsryers more ![]()







